Hallo, daar!

SCIENCE SUCCESS


Jy hoef nie 'n boekwurm te wees om fisiese wetenskap te verstaan nie! Waarom nie? Want hier is iets unieks! Fisiese Wetenskap-vraestelle! Daar bestaan nog nie sulke boeke in Suid-Afrika nie! 'n Nuwe reeks boeke vir Graad 12 is van 2015 af beskikbaar. Sedertdien het grade 9 – 11 se boeke gevolg met skitterende terugvoer.

Elke boek bevat 10 fisika-en 10 chemievraestelle asook volledige antwoorde volgens die KABV-sillabus. Die Graad 12-boek bevat ook 'n opsomming en voorbeelde van 5 temas van die Graad 11-jaar, aangesien die meeste leerders nie meer in hul matriekjaar graad 11-handboeke by die skole kry nie.

 

Die boeke word ook volgens onderwerp geklassifiseer, bv.—

  • meganika
  • elektrostatika
  • elektrochemiese selle
  • sure en basisse
  • organiese chemie, ens.

Hierdie klassifikasie help om hersiening te vergemaklik.

Alle definisies wat gevra kan word, is voor in die boek opgesom.